NewsNews

Stigter van Le Resistance kunsuitstalling oorlede

“Upon acceptance of our uniqueness and beauty (by which our Creator intended to bring glory to his own name) we are ultimately free to bring glory to Him by finding beauty in ourselves and others”.

Lizané Badenhorst (45), stigter van die Le Resistance kunsuitstalling wat tans in die hoofmuseum te sien is, is verlede week oorlede.
Meer as 100 mense het die opening van vanjaar se uitstalling bygewoon. Die tema is “Finding Beauty” en Lizané het self iets hieroor geskryf en haar pa Chris en haar vriend, Angelo, sê dit was ook haar lewensuitkyk. Dit lees: “Upon acceptance of our uniqueness and beauty (by which our Creator intended to bring glory to his own name) we are ultimately free to bring glory to Him by finding beauty in ourselves and others”.

Van Lizané Badenhort se kunswerke wat te sien is by die hoofmuseum tot 30 Junie.

Lizané is verlede week Dinsdag weens komplikasies na ‘n operasie oorlede. Sy is Vrydag 22 Junie begrawe.
Die uitstalling, waaraan verskeie kunstenaars deelneem, duur voort en is nog tot einde Junie in die hoofmuseum te sien. Die Le Resistance uitstalling het verlede jaar vir die eerste keer plaasgevind en die hoop bestaan dat dit in die toekoms sal voortduur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button