NewsNews

Inbreker doen skietwond op tydens inbraak

’n Man het verlede Dinsdagoggend ’n inbreker op die Vyfhoekhoewes geskiet.

’n Man het verlede Dinsdagoggend ’n inbreker op die Vyfhoekhoewes geskiet.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die voorval tussen 00:00 en 04:00 plaasgevind.
Die inbreker het glo teenoor die polisie erken dat hy saam met sy vriende na die hoewe gegaan het met die doel om in te breek.
Volgens Manyoba het die inbrekers goedere gesteel, waarna hulle gevlug het.
“Terwyl hulle besig was om te vlug, is een van hulle in die maag geskiet,” het Manyoba gesê.
Hy is in die hospitaal opgeneem waarna ‘n klag van inbraak teen hom aanhangig gemaak is. Hy is steeds in aanhouding.
“’n Saak van poging tot moord word ondersoek teen die man wat die inbreker geskiet het,” het Manyoba gesê.
Volgens kapt. Mvula Chaka is dit die prosedure wat gevolg moet word wanneer so ’n voorval plaasvind.
“Verklarings word geneem en die dossier gaan dan na die staatsaanklaer wat na die meriete van die saak kyk en dan besluit om te vervolg of nie.
As polisiebeamptes kan ons nie besluit of iemand skuldig of nalatig is aan ’n misdaad of nie. Dit is iets wat die hof moet besluit,” het Chaka gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button