SportSport

Noordwes Rolbal soek die ware kampioene

Noordwes Rolbal se Kampioen van Kampioene-toernooi vind Saterdag en Sondag by die Klerksdorp Rolbalklub plaas. Tydens die toernooi speel die klubs se enkelspelkampioene in twee seksies uit om te bepaal wie is die mans en vroue Kampioen van Kampioene. Spel begin Saterdag om 09:00 met die laaste ronde om 14:00. Sondag word daar om 09:00 …

Noordwes Rolbal se Kampioen van Kampioene-toernooi vind Saterdag en Sondag by die Klerksdorp Rolbalklub plaas. Tydens die toernooi speel die klubs se enkelspelkampioene in twee seksies uit om te bepaal wie is die mans en vroue Kampioen van Kampioene. Spel begin Saterdag om 09:00 met die laaste ronde om 14:00. Sondag word daar om 09:00 en 11:00 gespeel.

Die onderskeie klubkampioene is: Pikkie Loots en Rene de Jager (Klerksdorp), Cabous Olivier en Magdel O’Donoghue (Parys), Corrie Breitenbach en Jean du Plessis (Potchefstroom Rolbalklub), Alan Badenhorst en Jackie Evans (Strathvaal), Wilfred Quirk en Suzette Linden (Orkney), Waldi Schulenburg en Christine Marais (La Farge), Leon de Kock en Magde Conroy (Ventersdorp), Abri Schutte en Colleen du Toit (Fochville), Eddie van der Heiden en Connie Dabula (Mahikeng), Andrew Maoka en Martie du Plooy (Koster), Pieter van Wyk en Martie Potgieter (Coligny) en Michael de Witt van die Buiteklub (PCC). Die laaste toernooi van die seisoen is die Meesterskampioenskap waar spelers net op uitnodiging mag speel.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button