NewsNews

Noordwes blomme-unie kry staande applous by provinsiale vergadering

Dorothy en drie van die lede van Potchefstroom Blommeklub, Engela Strydom, Lina Brümmer en Marelie Keuler het ‘n gesamentlike poging aangewend en deur elkeen se eie unieke ontwerp-styl te kombineer, was die eindresultaat ongelooflik mooi.

Noordwes Blomme-unie is genooi om ‘n demonstrasie te doen na afloop van die Gautengse provinsiale vergadering in Pretoria op 12 Mei. Aangesien Meimaand hulde bring aan al die moeders deur middel van Moedersdag, het Dorothy Vorster, presidente van Noordwes Blomme-unie, besluit om daarby aan te sluit en deur middel van musiek en blomme ‘n uitbeelding te doen van die verskillende fasette van die vrou.
Dorothy en drie van die lede van Potchefstroom Blommeklub, Engela Strydom, Lina Brümmer en Marelie Keuler het ‘n gesamentlike poging aangewend en deur elkeen se eie unieke ontwerp-styl te kombineer, was die eindresultaat ongelooflik mooi. Aan die einde van die aanbieding het die ontwerpers ‘n staande toejuiging van die gehoor gekry.
Vir navrae of nadere besonderhede oor blommekuns, kontak gerus vir Martie Boshoff van die Potchefstroom Blommeklub by 082 820 5265.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button