Schuld en Van Heerden Welvaartbeplanning bied op 13 Julie ’n gholfdag ten bate van die Boerevereniging aan.
Die doel is om fondse in te samel vir die beveiliging van plase in en om Noordwes. Die mikpunt is om genoeg fondse in te samel om moontlik ekstra sekuriteitstelsels te installeer, tweerigtingradio’s aan boere te verskaf of selfs koeëlvaste baadjies te voorsienvir wanneer patrollies gedoen word.
Borge kan op die volgende wyse betrokke raak:
1. Borg ‘n putjie en vier spelers: R2 500 (met volle promosieregte op die putjie)
2. Borg/inskrywing van vier spelers: R2 000
3. Enige skenking soos kontant, koopbewyse of produkte wat as pryse gebruik sal word.
Navrae aan Michelle Fouché by (018) 293 9576 of 082 331 0434.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.