
Die polisie het onlangs weer gewaarsku dat diefstal uit voertuie in Potchefstroom begin toeneem.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was daar die afgelope week ongeveer vyf voorvalle.
Volgens haar is die gebruik van afstandbeheerders om die sluit van voertuie te blok iets wat ook meer en meer gebeur.
Sy het inwoners gemaan om seker te maak dat hulle voertuie sluit wanneer hulle die sentrale sluitstelsel van hulle voertuie aktiveer.
“Versekeringsmaatskappye betaal nie altyd uit wanneer items so gesteel word nie omdat daar geen bewys of tekens van inbraak is nie,” het Manyoba gesê.
Verder het sy die gemeenskap gewaarsku om nie waardevolle items in ’n voertuig te los waar dit gesien kan word nie.
Mense moet seker maak dat alle deure gesluit is en vensters moet toe wees. Parkeer sover moontlik in areas wat goed belig is, of besige parkeerareas,” het sy gesê.
Volgens Manyoba vind meeste van die diefstal uit voertuie op die Bult plaas.
“Dit is ook ’n goeie idee om ’n opsporingstelsel in die voertuig te laat installeer.