NewsNews

Word stil en word bewus van die Pottebakker se wil

Elkeen het ‘n stuk pottebakkersklei gekry en deur ‘n interaktiewe sessie kon mens diep bewus word van hoe ons elkeen, met deernis, gevorm en gemaak word na God se wil, te midde van die vreugdes en swaarkry in die lewe.

Samuel Broadbent House het op Donderdag 14 Junie ‘n heerlike stilword-oggend aangebied.

‘n Bakkie wat ek een van die lede besig was om te vorm volgens sy wil.

Ds. Janneman van Wyk van Duet-gemeente het ‘n kragtige boodskap kom deel aan die hand van die Pottebakker illustrasie soos in Jeremia 18.
Elkeen het ‘n stuk pottebakkersklei gekry en deur ‘n interaktiewe sessie kon mens diep bewus word van hoe ons elkeen, met deernis, gevorm en gemaak word na God se wil, te midde van die vreugdes en swaarkry in die lewe.
Oud en jonk het heerlik gekuier en ‘n smaaklike middagete in Samuel Broadbent House se Koffiekan koffiewinkel geniet.
Samuel Broadbent House is ‘n tehuis vir bejaardes in Potchefstroom wat ten doel het om bekostigbare, veilige, sorgsame akkommodasie en dienste te verskaf aan bejaardes. Daar is ook ‘n gespesialiseerde Alzheimers-eenheid.
Die Koffiekan is tydens kantoorure vir die publiek oop. Skakel (018) 285 0900 vir enige navrae.

Lede van Samuel Broadbent speel met die klei terwyl hul na die praatjie luister. Foto’s: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button