NewsNews

Appél in doodsdreigementsaak slaag

Die vrou wat van sameswering om moord en of verkragting te pleeg aangekla is, het vandag (5 Julie) in haar appél teen die beslissing dat sy borgtog geweier is, geslaag.

Die vrou wat van sameswering om moord en of verkragting te pleeg aangekla is, het vandag (5 Julie) in haar appél teen die beslissing dat sy  borgtog geweier is, geslaag. 

Marilize Minné is op 13 Junie in die Potchefstroom landroshof borgtog geweier. Haar regsverteenwoordigers, advokaat André May en mnr. Geert Lampen het teen die hof se oorspronklike beslissing appélleer. Volgens Regter Gutta  wie oor die appél beslis het, het die landdros duidelik ‘n fout gemaak in sy vorige beslissing. 

“Dit is in die belang van geregtigheid dat mev. Minné borg toegestaan word,” het Regter Gutta in die Mahikeng hooggergshof gesê. 

Volgens Lampen het die direkteur van die nasionale vervolgingsgesag binne ‘n dag en ‘n half nadat hy die volledige hofstukke ontvang het vir May laat weet dat die staat nie die borg gaan teenstaan nie. 

Minné is op R10 000 borgtog vrygelaat met die voorwaarde dat sy nie met enige van die staatsgetuienis inmeng nie. 

Minné is saam met Christo Jordaan en Ahmod Shiraz Sheik almal op 4 Junie inhegtenis geneem. Dit volg nadat Sheik glo Saterdagmiddag 2 Junie ‘n man en sy gesin telefonies met die dood gedreig het. Volgens dié man het Sheik gedreig om sy vrou en kleindogter, wat vier jaar oud is, te verkrag en vermoor.  Hy het na die polisie gegaan waarna ‘n polisie-optrede vir Maandag 4 Junie beplan is wat tot Sheik se inhegtenisname gelei het. Volgens die ondersoekbeampte, kst. Jane Caiya, se getuienis het Sheik glo aan haar gesê dat hy deur Minné en Jordaan aangesê is om die man te dreig.
Volgens Caiya het hy ook ’n bekentenis voor die senior magistraat afgelê.

Jordaan, wat ook deur May en Lampen verteenwoordig word, is vroeër op ‘n waarskuwing vrygelaat. Sheik is steeds in aanhouding nadat hy borgtog geweier is. 

Die saak gaan op 13 Julie voort. 

Lees meer in volgende week se Herald

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/49201/appel-na-borg-saak-oor-doodsdreigemente-nie-toegestaan-nie/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/48969/ek-gaan-haar-verkrag-en-haar-keel-afsny-word-oupa-se-kleindogter-4-gedreig/

Related Articles

Back to top button