NewsNews

Twee Potchefstromers hou naam hoog op stel van nuwe reeks

Twee van Potch se bekendes is deel van die stylvolle rolverdeling in Heidi Hollywood. Stephan Venter en Naetta van Zyl is albei deel van die span. Naetta en Stephan is kollegas by Potch Akademie.

Op Maandag 9 Julie is ‘n nuwe program met die naam Heidie Hollywood op VIA (DStv-kanaal 147) te sien.
Dit handel oor Heidie Bothma du Toit, eienaar van Hollywood Costumes in Krugersdorp en die talentvolle ontwerper Peter Bondesio. Maar dit is nie al wat hierdie program so spesiaal maak nie.
Twee van Potch se bekendes is ook deel van die stylvolle rolverdeling. Stephan Venter en Naetta van Zyl van Potch Akademie is albei deel van die span. Naetta en Stephan is kollegas by Potch Akademie. Naetta wat in Vryburg grootgeword het, het nooit gedink sy sou deel wees van ‘n TV-program nie. Hierdie kreatiewe haarkapper het haar studies aan Klerksdorp Kollege voltooi, waarna sy Pretoria toe is om vir ‘n bekende haarkapper te werk.

Stephan Venter en Naetta van Zyl saam met een van die modelle wat hulle moes grimeer. Foto: Verskaf

Daarna is sy platteland toe om ‘n meer persoonlike aanklank by haar kliënte te vind. Teen die tyd dat haar kinders moes skool toe gaan, het sy en haar man besluit om Potchefstroom uit te snuffel vir sy goeie skole, lewendige atmosfeer en tog plattelandse gevoel. Hier het sy by die destydse Tina Scholtz se Hairtrends begin werk en is steeds by Potch Akademie se Hairtrends.
Stephan het haar genader om saam met hom hierdie projek aan te pak en sy het nie twee keer gedink om dit aan te gryp nie. Met ‘n vraag op wat haar grootste uitdaging was met hierdie projek, antwoord Naetta dat jy vinnig op jou voete moet dink, die hare te gryp en iets te doen wat by alles inpas. Gewoonlik is daar een styl vir alles, maar Naetta het gesê sy het haarself op die proef gestel en besluit om vir elke persoon en uitrusting ‘n ander styl te ontwerp. Sy noem ook dat dit ‘n wonderlike ervaring was en dat hulle soveel nuwe en interessante mense ontmoet het.
Stephan, ‘n gebore stadsjapie, het twee en ‘n half jaar gelede Potch sy tuisstad gemaak en sê dat dit nog die beste en lekkerste besluit is wat hy gemaak het. “Potch is lekkerder, die mense is vriendeliker en hier kan jy ‘n beter kwaliteit lewe geniet,” sê hy. Hy het onlangs saam met Peter Bondisio aan The look 2018 gewerk. Dit is waar hy hierdie wonderlike geleentheid gekry het. Peter het Stephan genader om te help met grimering op die stel van Heidi Hollywood, nadat hy as make-up artist director opgetree het by The look 2018.
Met sy hope kennis op die verhoog en grimering vir televisie, het hy die geleentheid met beide hande aangegryp.
Hy noem wel dat van die uitdagings vir die program was dat jy op jou voete moet dink.

Daar is nie tyd vir onseker wees nie, op so ‘n stel moet jy in jouself glo en voluit daarvoor gaan. Hy noem ook dat om mans te grimeer en hul spiere in ‘n beperkte tyd te beklemtoon, ‘n groot uitdaging was.

Maar aan die ou einde is die belangrikste deel van jou werk om vir die mense wat die program maak, te gee wat hulle wil hê. Hy noem ook dat die lekkerste van die ondervinding al die nuwe en interessante mense was wat hy ontmoet het en wat nou vriende is.
Heidie se mega-kostuumwinkel in Krugersdorp wys aan kykers hoe sy en haar span bekendes en ook gewone mense help om hul fantasieë deur middel van kostuums uit te leef. Met die eerste episode skop Heidi af met die legendariese Lizz Meiring, vir wie sy help met ‘n kostuum.
* Moenie die program op 9 Julie om 18:00 op VIA misloop nie.

‘n Kort lokprent vir wat voorlê met Heidi Hollywood:

https://www.facebook.com/viatvsa/videos/2126023074333569/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button