NewsNews

Nuwe asem vir Hinterland

Tussen deur Hinterland se dag tot dag klandisie het hierdie groep geswoeg en gesweet om die beste van Hinterland na vore te bring. Hierdie was nie net ‘n plaaslike nie, maar ook ‘n nasionale besluit om elke tak landwyd op te gradeer. Ruan van der Merwe, takbestuurder van Hinterland, sê dit is ‘n projek waarna hulle baie uitgesien het met baie nuwe idees om Potchefstromers gelukkig te hou sodat hulle sal terugkeer vir nog inkopies.

Die Hinterland soos wat Potchefstromers dit ken, is iets van die verlede, aangesien dit nou opgradeer word tot ‘n veel groter winkel met ‘n nog groter verskeidenheid artikels wat te koop is.
Tussen deur Hinterland se dag tot dag klandisie het hierdie groep geswoeg en gesweet om die beste van Hinterland na vore te bring. Hierdie was nie net ‘n plaaslike nie, maar ook ‘n nasionale besluit om elke tak landwyd op te gradeer.
Ruan van der Merwe, takbestuurder van Hinterland, sê dit is ‘n projek waarna hulle baie uitgesien het met baie nuwe idees om Potchefstromers gelukkig te hou sodat hulle sal terugkeer vir nog inkopies.
Vandat jy jou voet by die winkel insit, is dit oorgedoen. Die rakke is so gerangskik dat jy presies weet waar om te gaan vir wat jy benodig. Daar is natuurlik ‘n groter klere-, asook ‘n wapen- en buitelug-afdeling.
Die wapen-afdeling is een wat Potchefstroom lankal nodig het. Met die kennis van Luke Burger is daar nou die wapens en toerusting wat daarby kan saamgaan. Jy kan nou jou wilde weste drome in Hinterland bewaarheid. Hulle het elke tipe wapen en dit wat hulle nie het nie, sal hulle vir jou kry. Die klerereeks het aansienlik gegroei en gaan in die volgende paar maande nog meer groei. Die reeks wat tans aangehou word is onder meer Johnson, Rugged Wear, Freestyle en Hitec.
Vir diegene wat nog nie weet nie, het klerereekse soos Johnson baie meer “dorpsjapie” vriendelik geword. Dit is nie soos in die verlede waar jy net oorpakke kon kry nie. Vandag spog hulle met netjiese werksbroeke, denims, hempde en soveel meer. Vir die ‘vellie’ liefhebbers is daar ook natuurlik Freestyle vellies vir mans en dames.
Die buitelewe-afdeling het nou produkte soos LK’s wat onder meer braairoosters, potjies, braaiers, gasbraaiers en vele meer insluit. Vir elke avonturier wat van kamp hou, is daar iets van alles, van hengelgerei, stoele en koelhouers om van te kies en te keur.
Kliënte moet egter nie bekommerd wees nie, want al die produkte soos pype en toerusting sal steeds beskikbaar wees. Die troeteldier- en spesifiek perde-afdeling het ook baie meer uitgebrei.
Hierdie vars asem van Hinterland sal op 4 Augustus gevier word met ‘n dag vol lekker winskopies en tonne pret en plesier vir die hele gesin. Daar sal uurliks aanbiedings wees met lekker winskopies. Overvaal Stereo sal ook heeldag op die terrein uitsaai en Jay sal daar wees om jonk en oud se knieë lam te maak. Die dienssentrum sal ook sorg vir die honger magies met lekker pannekoek en worsbroodjies. Daar sal ook ‘n springkasteel vir die jongspan wees, so kom geniet die dag en kom maak jou mandjie vol met al die winskopies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button