SportSport

Volkies en Wesvalia se eerstes gaan Saterdag vir beker baklei

Die adrenalien gaan pomp en die senuwees gaan knaag hierdie Saterdag, 21 Julie, wanneer Hoër Volkskool Potchefstroom en Hoërskool Wesvalia se eerstespanne om die gesogte Noordwestitel op Volkskool se velde gaan baklei. Na ‘n maand se rustyd moet beide skole se eerstespanne nou weer hulself slaggereed maak vir een laaste groot stryd om dié gesogte …

Die adrenalien gaan pomp en die senuwees gaan knaag hierdie Saterdag, 21 Julie, wanneer Hoër Volkskool Potchefstroom en Hoërskool Wesvalia se eerstespanne om die gesogte Noordwestitel op Volkskool se velde gaan baklei.

Na ‘n maand se rustyd moet beide skole se eerstespanne nou weer hulself slaggereed maak vir een laaste groot stryd om dié gesogte beker. Volkies het hulle vorige kragmeting teen Wesvalia gewen en het die selfvertroue om dit weer te doen, terwyl Wesvalia nou weer ‘n punt sal wil bewys.

Dit voel soos ‘n leeftyd gelede sedert Volkies se eerstespan hulle vuiste omhoog gehou het na hulle halfeindstryd oorwinning teen Gimmies in die Noordwesliga verlede maand. Een van Volkies se afrigters, Christo van Heerden, weet dat hierdie stryd juis moeilik gaan wees omdat daar weens die skoolvakansie min voorbereiding tot die aanloop kon plaasvind.

“Om eerlik met jou te wees is ek effens bekommerd omdat ons nou nog nie momentum het nie. Tog gaan dit belangrik wees dat ons die seuns se skerpheid regkry sodat hulle op die dag kan opdaag wanneer dit nodig is,” sê Van Heerden.

Volgens hom het albei spanne ‘n 50/50 kans om te wen, aangesien die druk in ‘n eindstryd maar taai op elke span is. “Die blote feit dat Wesvalia vir KHS in die halfeindstryd gewen het, sê reeds vir ons baie oor hulle span. Ons kan hulle glad nie onderskat nie. Dit gaan vir ons die belangrikste wees om ons kanse te gebruik en seker te maak dat ons vaste fasette reg is,” meen hy.

Nog ‘n dilemma vir Volkies is dat twee van hulle belangrike spelers, Colin Smart (vasskopstut) en Le Roux White (heelagter) nie gaan speel nie. Die kanse is goed dat Jannie Claassens as heelagter ingespan gaan word. Tog is dit ‘n pluspunt vir Volkies dat hulle Cravenweekspelers, Gustav Erlank, Kobus Burger en kaptein, Awie Visser terug is uit die Kaap om hulle Volkie truie weer met trots te dra. Nog sleutelspelers vir Volkies sal hulle lostrio van Marno Prigge, Dion Bezuidenhout en Jacques Gouws wees wat vanjaar nog heeltyd kookwater rugby speel.

Dit gaan nietemin ‘n reuse stryd wees en elke Volkie ondersteuner gaan hulle kele in spreekwoordelike trompetters moet verander wanneer hierdie eerstespanstryd teen 12:30 afskop. Die aksie is wel nie net tot die eerstespanwedstryd beperk nie, met die o.14A wedstryd tussen Hoërskool Klerksdorp en Hoërskool Wesvalia wat teen 09:00 gaan plaasvind. Direk daarna gaan ‘n tradisionele Volkies teen Gimmies by die o.15A’s op die kaarte wees voordat KHS en Wesvalia se o.16A’s om bekersukses gaan meeding

Bepalings vir Saterdag, 21 Julie:
09:00- o.14A: KHS vs Wesvalia
10:10 – o.15A: Volkies vs Gimmies
11:20 – o.16A: KHS vs Wesvalia
12:30- 1ste spanne: Volkies vs Wesvalia.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button