NewsNews

Oud-Professor sterf tragies

Prof. Tom Gouws, oud-Potchefstromer was ook goed bekend as skrywer en digter. Die afgelope tyd het hy hom ook toegelê op bediening van die Woord, veral huisbediening.

‘n Oud-Puk en -onderwyser van Potchefstroom Gimnasium, prof. Tom Gouws, is Woensdag in Pretoria in sy huis tydens ‘n rooftog doodgeskiet.

Susan Cilliers van Netwerk24 berig dat prof. Gouws geskiet is kort nadat hy en sy vrou by die huis aangekom het en hulle deur rowers ingewag is. Hy is op die toneel dood.

Prof.  Gouws het in Mahikeng gematrikuleer en het toe aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer waar hy op 27-jarige ouderdom ‘n doktorsgraad behaal het.

Hy het ook vir ‘n tyd lank by Potchefstroom Gimnasium skool gegee. Hy was daarna ‘n dosent verbonde aan die Vaaldriehoekkampus van die PU en later na die Universiteit van die destydse Bophuthatswana, waar hy ‘n ruk lank ook as rektor waargeneem het.

Hy was ook goed bekend as skrywer en digter.  Die afgelope tyd het hy hom ook toegelê op bediening van die Woord, veral huisbediening.

Related Articles

Back to top button