NewsNews

Lentefees groet vir eers

Die skool is tans besig met verskeie ander fondsinsamelingsprojekte. Een van die projekte behels die aankoop van ’n motorfiets van BMW Motorrad wat by wyse van kaartjieverkope uitgeloot word. Kaartjies is beskikbaar by die skool teen R50 en u ondersteuning word waardeer. Ons bedank ook BMW Motorrad vir hulle ondersteuning.

Na 30 jaar is daar besluit om nie hierdie jaar die Lentefees aan te bied nie.

“Die besluit was nie maklik nie en dit voel nou nog nie regtig vir my ’n werklikheid nie,” sê Suzette du Toit, organiseerder van die Lentefees vir die afgelope 12 jaar.

Die fees het al vir 30 jaar Potchefstroom gesiggies opgehelder as die mallemeule kom kuier en seuntjies se vegtersdrome met die weermagtenkers waargemaak word.

Die fees, wat geïnisieer was deur die ouerkomitee van die skool in 1987, was nog elke jaar ‘n groot trekpleister in Potchefstroom en was sinoniem aan die Trimpark.

Die Ferdies-span wil graag die volgende borge, diensverskaffers en lede bedank.

Groot borge deur die jare:               

              Hoofborge                                               Finansiële borge 

  • Chubby Chick                                                    – Staalbeer                               – Johan van der Merwe
  • Honda                                                                 – Build It                                  – musiek
  • Megasave                                                           – NTT Volkswagen                 – Stadsraad
  • Xerox                                                                  – NTT Nissan                           – Suzuki, Renault, Mahindra
  • Habitat                                                               – Daly Ford                              – Klerksdorp
  • Econo Foods                                                     – FFG                                         – Mahindra Vaal

– Print Café                               – Much more Music

– Safricom                                 – Cell C

Die weermaguitstalling was altyd ‘n groot trekpleister vir klein en groot.

Wetenswaardighede van die Lentefees

  • Elke jaar was kleuters van Potch kleuterskole genooi vir ʼn gratis kleuterprogram by die Lentefees.
  • ʼn Gratis oggendtee vir die pensioenarisse is aangebied en gereël deur Sarien Dupper van Ferdies vir die afgelope 12 jaar.
  • Tip-Top Hondeskool (Hansie) het jaarliks die publiek vermaak met hul gewilde hondevertoning.
  • Charles jnr. en Charles snr van Sports Arena se Sterkmankompetisie kom jare saam en het immergewild gebly.
  • KSG Ritmiese Gimnastiek (Ninette Duvenhage) het elke jaar opgetree.
  • Die SANW se immergewilde en unieke uitstalling was ʼn reuse pluspunt te danke aan; Dawid Schoonwinkel, Tiaan Steyn, Werner Joubert.
  • Die Stadsraad het ook jaarliks ‘n uitstalling gedoen (Magda Cilliers).
  • ER 24 (Werner Eksteen) was betrokke by die Lentefees vir jare
  • Overvaal Stereo was betrokke vanaf 1991, hulle het vooraf en tydens die fees uitgesaai (Melanie Vonsteen en Ignaz Streicher).
  • Mnr en Mej Lentefees, was ‘n instelling onderleiding van o.a. Karen Human, Janet Potgieter en Bianca Botes.
  • Ons verhoogbestuurders Festa Coetzee en later Mariëtte Geldenhuys en Ignaz Streicher was ‘n wenspan.
  • Die Ereveldwaters wat jaarliks ʼn besondere unieke uitstalling gehou het..
  • Die Plaasmark, ʼn inisiatief van Daleen van Zyl, was ‘n groot inspuiting vir ons Fees.
  • Vanaf 1987 was die skou in die Herald geadverteer.
  • Die biertuin met Hennie Heathcoat en later die personeel van Ferdies onderleiding van Jaques Geldenhuys was immergewild.
  • En laastens was daar die altyd gewilde padwedloop (Dean en Jolanda Rosin)

Diensverskaffers vir baie jare aan wie ons dankie sê:

  • Elektrisiteit – Francois de Lange ( FP Elektries)
  • Klank – Andre Geldenhuis
    • Trix Labuschagne (Sound Tech)
    • Johan van der Merwe Musiek
  • Sekuriteit – Regardo Borman
    • Golden Eye
    • Bafana Bafana
  • SAPD
  • Stadsraad – Verkeer,Brandweer,Trimpark
  • ER 24
  • Munisipale Gesondheid
  • Rampbestuur
  • Die kantoor van die Munisipale Bestuurder
  • Safricom met Marliza van Gass se Entrepeneurstent vir 2 jaar
  • Safricom vir WiFi op die terrein die laaste jare
  • Ons graadgroepdames onder leiding van Ansie Erasmus en later Melanie van Breda, Manie Jansen wat onvergeetlike damesteefunksies aangebied het.
  • Red Spot Soap wat die afgelope 4 jaar ons badkamers gratis skoongehou het.

 

Van die skool se kant af ook baie dankie aan:

  • bestuur van die Fees die afgelope 19 jaar, mnr. Antoon Labuschagne
  • elke organiseerder oor 30 jaar
  • logistiek – Jan Swanepoel tot 2016, Richard Smith 2016/2017
  • die finansiële kantoor van Ferdies
  • elke personeellid
  • elke Beheerliggaamslid
  • elke Ferdie-ouer
  • elke Ferdie-leerder oor al die jare

Ons opregte dank aan ons Lentefees-familie wat elke jaar betrokke was!

Indien daar van Potch se sakelui is wat betrokke wil raak om ons fees moontlik in die toekoms te laat herlewe, kontak gerus vir Suzette du Toit 082 807 0694

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button