EntertainmentSponsored

Lentekonsert met ’n splinternuwe baadjie

Suzette Wilkens Produksies bied Vrydag en Saterdag 7 en 8 September om 19:00 weer die jaarlikse Lentekonsert in die Miederpark Kerk aan.

Suzette Wilkens Produksies bied Vrydag en Saterdag 7 en 8 September om 19:00 weer die jaarlikse Lentekonsert in die Miederpark Kerk aan.
Die produksie heet Tydloos/Timeless en bied voorwaar tydlose musiek aan.
Gunstelinge wat die toets van tyd deurstaan het en ons soliste, Vita Wilkens (sopraan), Chantelle Brand (alt), Dewald Grobler (bariton), Johan Schlebusch (bariton) en Marco Basson (tenoor) se stemme uitstekend pas.
Marco het verlede jaar aan “The Voice SA” deelgeneem en almal was in ekstase oor sy pragtige stem en voorkoms op die verhoog.
Hy was onder die top tien en ons is baie trots daarop. Met Marco terug is die volgende treffers ‘n moet! The Great Pretender, Namakwaland en natuurlik Barcelona saam met Vita en Dewald.
Uit die opera-afdeling is die Nessun Dorma met Dewald en Vita so opwindend soos die lied self. Kyk hoe glinster die maan en ABBA se The winner takes it all word deur Chantall Brand getrou aan die styl gesing.
Die veelsydige Johan Schlebusch is op sy beste met Oh What a Beautiful morning (Oklahoma) en Fly me to the moon.
Die “Splinternuwe baadjie” behels die feit dat ons van uitstekende instrumentaliste gebruik maak en geen klankbane gebruik nie. Hulle is Ruaan Kruyshaar (klavier/klawerbord), Armand Moolman (orrel/klawerbord), Charles Olivier (tjello) en Ian Grewar (viool).
Ruaan is besig om sy studies aan die NWU te voltooi. In 2015 het hy die NWU-Musiekbeurs vir die mees belowende eerstejaarstudent gekry. In dieselfde jaar het hy ook die Anneli Combrinck beurs vir die beste voorgraadse student in enige instrument gekry.
In 2017 en 2018 was hy die wenner van Pukki-Talentfees vir beste instrumentaal.
Hy kry musiekklasse by Petronel Malan en tree op in verskeie musiekproduksies soos Oos-Londen “Arts Theatre”, “Alexander Playhouse” en “Guild Theatre” asook produksies van die NWU Potchefstroom.
In 2016 het hy een hele semester in Swede by die Royal College vir Musiek in Stockholm deurgebring (begeleiding en ensemble).
Hy het ook ‘n Unisa merietetoekenning vir uitstaande onderrig in musiekteorie ontvang.
Kaartjies vir die konsert kos R100 en is vanaf 1 Augustus by AJR Mooirivier Mall, Frik Kirstein Tuinhuis, swproduksies@gmail.com en by die deure van Miederpark Kerk op die aande van die vertonings te koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button