Die lyk van ‘n man wat vanoggend in die nywerheidsgebied gevind is is deur die polisie as ‘n munisipale werker geidentifiseer.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is die 62-jarige deur ‘n motor getref toe hy op pad werk toe is. Die man, wat as Bantubani Zulu geidentifiseer is, is opslag dood.
Volgens Chaka het die bestuurder van die voertuig eers weggery, maar het ‘n entjie van die toneel af stilgehou.
Volgens hom het die voorval omstreeks 07:30 vanoggend gebeur.
“‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Daar kan moontlik ander klagtes ook bygevoeg word,” het Chaka gesê.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/51368/polisie-vind-lyk-nywerheidsgebied/



