NewsNews

Totsiens Moo die troetelbees

Potchefstromers rou die dood van Moo, 'n bekende bees in Potchefstroom wat al vir die afgelope 18 jaar deel van die Van der Merwe huisgesin was. Moo het op Maandag 6 Augustus gesterf.

Potchefstromers rou die dood van Moo, ‘n bekende bees in Potchefstroom wat al vir die afgelope 18 jaar deel van die Van der Merwe huisgesin was.

Moo het  Maandag (6 Augustus) gesterf.

Hy is  as ‘n kalwer aangeneem waar hy binne Gerald en Elizabeth van der Merwe se huis grootgeword het.

Hy het selfs sy eie bed op die grond gehad.

Mense het van oraloor gekom om vir Moo te kom kuier aangesien dié ongewone 700kg troeteldier nie ‘n alledaagse gesig is nie.

Die Herald het al twee verskillende artikels oor Moo geskryf waarvan die laaste een op sy 16de verjaarsdag was.

Gerald en Elizabeth van der Merwe bedank Oom Monty Joubert wat toegelaat het dat Moo vir jare lank op sy grond, oorkant die Van der Merwe-huis kon wei.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button