Luiperds pak Pumas hierdie Vrydag op die Fanie
Die Luiperds se voorbereiding vir die komende Curriebekerseisoen gaan voort hierdie Vrydag, 10 Augustus wanneer hulle teen die Pumas op die Fanie du Toit Sportgronde te staan kom. Hierdie wedstryd skop om 17:00 af en gaan vir Luiperdsafrigter, Jonathan Mokuena, ‘n goeie aanduiding gee rondom die spelpeil van sy groep en hulle gereedheid vir die …

Die Luiperds se voorbereiding vir die komende Curriebekerseisoen gaan voort hierdie Vrydag, 10 Augustus wanneer hulle teen die Pumas op die Fanie du Toit Sportgronde te staan kom.
Hierdie wedstryd skop om 17:00 af en gaan vir Luiperdsafrigter, Jonathan Mokuena, ‘n goeie aanduiding gee rondom die spelpeil van sy groep en hulle gereedheid vir die komende bekerseisoen.
Interessant genoeg sal die twee oud-Luiperds, Jeandré Rudolph en Henko Marais, op die plaasvervangerbank vir die Pumas sit. Die Pumas het die afgelope Supersport Uitdaagliga gewen en sal vol selfvetroue vir die komende Curriebekerseisoen wees.
Die Luiperds se eerste wedstryd in die Curriebeker Eerste Divisie vind op Vrydag, 24 Augustus plaas wanneer die Luiperds teen die SWD Arende op Outeniquapark in George te staan gaan kom.
Die Luiperds se eerste tuiswedstryd vind op Vrydag, 31 Augustus teen Boland op die Fanie du Toit Sportgronde plaas.




