NewsNews

Potchefstromer wys dat swaarkry haar nie gaan terughou nie

Ayesha Lu Adams, beter bekend in die Promosa gemeenskap as Heidi Adams, het gewys dat dit nie saak maak waar jy vandaan kom nie, waar jy jouself eendag bevind hang van jou af.

Ayesha Lu Adams, beter bekend in die Promosa gemeenskap as Heidi Adams, het gewys dat dit nie saak maak waar jy vandaan kom nie, waar jy jouself eendag bevind hang van jou af.

Heidi het in Promosa grootgeword. Haar sussie is oorlede en haar ouers het geskei toe sy twee jaar oud was.
“My ma is ’n verpleegster en moes baie rondreis vir werk, so ek het saam met al die ander kleinkinders in my ouma se huis grootgeword,” sê sy.

In die vol huis waar haar ouma die enigste broodwinner was, het Heidi nooit gedink dat sy eendag iets van haar lewe sou kon maak nie. Geld was skaars en lewe was moeilik, maar Heidi het gewys dat haar omstandighede haar nie sou terughou nie.

Nadat sy matrikuleer het aan die Hoërskool Mohadin, het sy getrou en ’n gesin begin. Toe haar seun twee jaar oud was, het sy besluit om aansoek te doen by die polisiekollege in Potchefstroom.

Heidi Adams. Foto: Marianke Saayman
Heidi Adams. Foto: Marianke Saayman

“Ek het nie beplan om eendag in die polisie te wees nie, maar ek het aansoek gedoen en ingekom,” sê sy.
Sy het later by die PKRS (Plaaslike Kriminele Rekord Sentrum) in Potchefstroom as vingerafdruk-spesialis gewerk en daarna het sy ’n laboratorium-tegnikus by die polisie geword. Sy het vir sewe jaar by die polisie gewerk voordat sy besef het dat sy alles gedoen het wat sy kon om verder te leer.

“Ek het al die moontlike kursusse voltooi en toe daar niks meer oor was vir my om te doen nie, raak ek verveeld,” sê sy.

Heidi het toe ’n kans gevat en by die NWU se Potchefstroomkampus aansoek gedoen om in regte te studeer.
Sy het in 2011 van die polisie afskeid geneem en ’n voltydse regstudent geword. Deur dit alles was sy nog ’n voltydse ma van twee seuns.

Vandag het sy haar LLB graad in haar sak en is sy die trotse eienaar van haar eie regsfirma in Potchefstroom, Lu Adams Attoirneys, wat sy vroeër vanjaar oopgemaak het.

Sy sê dat sy geen toekomsplanne gehad het nie, maar dat sy alle kanse wat sy gekry het met albei hande aangegryp het.

“Ek het nooit gedink ek sou wees waar ek vandag is nie, maar alles waardeur ek gegaan het in my lewe was deel van God se plan om my tot op die punt te kry,” sê sy.

Sy sê dat God haar gehelp het om uit te streef uit haar omstandighede en het haar die suksesvolle vrou gemaak wat sy vandag is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button