
‘n Vierjarige seuntjie is gisteraand oorlede nadat hy en sy ma in ‘n ongeluk op die N12 hoofweg tussen Klerksdorp en Ikageng betrokke was. Die seuntjie se ma was gisteraand na MediClinic Potchefstroom geneem maar is kort daarna na Netcare Milpark Hospitaal in Johannesburg oorgeplaas.
Die tragiese ongeluk kom ‘n jaar na die seuntjie se pa verlede jaar Augustus aan ‘n hartaanval gesterf het.
Die seuntjie was ‘n leerder by Tjokkerplaas Kleuterskool.
Die Herald wag nog vir verdere inligting van die polisie en ER24. Hou die Herald dop vir meer inligting oor die voorval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



