NewsNews

Vir beste advies met jou volgende vakansie is Flight specials die plek om te nader

Flight Specials is ‘n Level 2 BEE besigheid en geaffilieer by IATA en ASATA wat vir hul kliënte die gemoedsrus gee van veilige, betroubare transaksies. Nog ‘n affiliasie vir goeie tariewe wêreldwyd is met die Radius Travel-groep.

Op 1 Februarie 1964 het Newton Walker, stigter van Venter & Kennedy, vir Harry van der Walt genader om die reisburo in Potchefstroom te behartig. Hulle span saam en bring Potchefstroom Reisburo in Kerkstraat tot stand. Agt jaar later, in 1972, word Sheila Macdonald deel van die span. Weens die veranderinge in die Wandellaan, skuif hulle die kantoor na die West Acres winkelsentrum.
18 jaar later, in 1990, oortuig Heidrie Greyling se ma haar om deel te word van die span. Verskeie mense sal die indrukwekkende tariewe van Sabena onthou waar kliënte keer op keer in rye gestaan het om van hierdie goedkoop kaartjies te koop! In 2000 word Potch Reisburo deel van die XL Astra Travel-groep saam met Albert van Zyl. (XL Astra Travel is deel van die XL Travel-groep, wat uit 170 reisagente bestaan).
Kort daarna tree Harry af en verhuis Nicolette Coetzee na Potchefstroom en sluit by hierdie span aan. Albert skep later ook die Flight Specials franchise- groep wat nou reeds wydverspreid oor die land is. In 2006 beweeg die agentskap na Cachetpark op die Bult waar hulle tot vandag nog kliënte gelukkig hou.
Intussen het Tsholofelo Lebakeng ook by hierdie wenspan aangesluit. Flight Specials is steeds trots deel van die XL Astra Travel-groep. Hierdie reisgroep bied die kliënt betroubare produkte teen bekostigbare tariewe.
Flight Specials is ‘n Level 2 BEE besigheid en geaffilieer by IATA en ASATA wat vir hul kliënte die gemoedsrus gee van veilige, betroubare transaksies. Nog ‘n affiliasie vir goeie tariewe wêreldwyd is met die Radius Travel-groep.
Khumo Selebano is die besturende direkteur van die groep en Tony de Villiers die finansiële en kommersiële direkteur.
Dit bly steeds ‘n suksesvolle en groeiende industrie wat by die steeds veranderende mark bybly, want waar anders kan jy gaan aanklop wanneer jy ‘n gekompliseerde reis moet onderneem, raad oor visums nodig het of ‘n onvergeetlike vakansie begeer?
As jy dus tans wonder waar om te gaan vakansie hou, hier is ‘n paar idees.
Hierdie vyf bestemmings, waar jou rand gerek kan word, is bestemmings waar geen visums vir SA paspoorthouers nodig is nie:
Thailand is ‘n uitstekende bestemming met lae lewenskoste waar jy die strand, kultuur, geurige kos en selfs gholf kan kombineer. Indonesië kan jy ook oorweeg vir ‘n uitsonderlike strand en watersport ervaring. Hulle spog ook met indrukwekkende tempels en kastele. Dan is daar die immergewilde Indiese Oseaan eilande: Zanzibar en Mauritius waar jy ‘n luukse strandvakansie teen baie billike tariewe kan geniet. Jou nie-gemotoriseerde watersporte word by die pakkette ingesluit. Jy kan ook kies om al jou etes en drankies by die pakket in te sluit, wat verseker dat jy ‘n kommervrye, rustige ervaring sal hê.
Laastens het Rusland skielik baie gewild geraak onder Suid-Afrikaners, omdat visums nie meer ‘n vereiste is nie en dit dié besondere land meer toeganklik maak! Vir nadere besonderhede kan (018) 297 6594/6636 geskakel word, of besoek hul webwerf: www.flightspecials.co.za of op Facebook: Flight Specials- Potchefstroom
Hulle is in winkel 8, Cachetpark op die Bult in Potchefstroom.

Related Articles

Back to top button