
‘n Student is vanoggend (28 Augustus) omstreeks 03:00 in Thabo Mbeki–rylaan met ‘n mes gesteek.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is hulle na die toneel ontbied om bystand te lewer waarna hulle ER24 ontbied het.
Paramedici van ER24 het die slagoffer na Mediclinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.
Die mansstudent het wonde aan sy been, skouer en rug opgedoen.
Volgens Diana King, woordvoerder van Mediclinic Potchefstroom, is die student tans in die hoësorgeenheid waar hy aansterk.
Geen verdere besonderhede oor wat presies gebeur of daartoe aanleiding gegee het is tans beskikbaar nie.
Lees meer in vandeesweek se Herald.



