‘n Inwoner van Potchefstroom het vanoggend haar vullis voor die munisipaliteit se hekke afgelaai.
Volgens Tshego Mokoma se inskrywing op Facebook het sy nou genoeg gehad daarvan dat vullis nie verwyder word nie.

Die munisipaliteit se vullisverwyderingswerkers staak al sedert Maandag. Volgens Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder, is alle kwessies reeds met die werkers bespreek en dat die vullis wat nog nie verwyder is nie teen eind van die week verwyder sal word.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/52288/household-waste-will-collected-end-week/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



