Ambulanse het oortyd gewerk om al die pasiënte by die hospitaal te kry. FOTO: Verskaf
Twee voertuie en ‘n motorfiets was vanoggend (6 September) in ‘n botsing by die Modderdampad afdraai op die N12 betrokke.
Negentien mense, waarvan 17 laerskoolkinders wat oppad skool toe was, is tydens die ongeluk beseer.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die motorfietsryer in ‘n kritieke toestand na Potchefstroom Hospitaal vervoer vir verdere behandeling.
“Die ander 18 pasiënte het slegs ligte tot matige beserings opgedoen. Hulle is ook op die toneel behandel waarna van hulle hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling,” het Meiring gesê.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.
https://www.nbcarsales.co.za/
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.