AdvertorialBusinessLifestyleNewsSponsored

Ultimate Hairstyles sit Potch op die kaart tussen bestes

Chantel Menezes, eienaar van Ultimate Hairstyles, het nooit gedink haar salon sal as tweede beste in die land aangewys word nie.

Chantel Menezes, eienaar van Ultimate Hairstyles, het nooit gedink haar salon sal as tweede beste in die land aangewys word nie.

Chantel is vroeër vanjaar deur So doen mens hare, ‘n Via-kanaal-produksie, genader om deel te wees van hul program. Hulle was in episode sewe van die program en Ultimate Hairstyles was ook deel van die kompetisie waar hulle ‘n model in die vorm van ‘n “superhero” moes verander.

Die model se hare moes in die keuse van die stilis opgemaak word saam met ‘n mantel wat die spesifieke “superhero” uitbeeld. Chantel en haar span het besluit om “Gladiator” as hul tema te gebruik en het voluit gegaan vir die wen.
Ultimate Hairstyles het getriomfeer en het met trots die projek met hul “Gladiator” model gewen.

 

Ultimate Hairstyles was tweede in die kompetisie waar kykers vir hul kon stem as beste haarsalon. Hierdie kompetisie het al die salonne wat deelgeneem het ingesluit. Salonne van regoor die land het deelgeneem. Van die kleiner dorpies wat deelgeneem het was dit net Potchefstroom en Parys, verder was al die salonne uit SA se groot stede.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button