
‘n Veld wat langs die Paryspad net buite Potchefstroom brand, veroorsaak dat motoriste nie deur die rook kan sien nie. Die Herald was pas by die toneel waar dit lyk asof ‘n plaas langs die Paryspad se weivelde brand.
Volstruise is na ‘n ander kamp gejaag om hulle weg van die vlamme te kry. Die brandweer was nie op die toneel toe die Herald omstreeks 14:00 vandag (6 September) daar was nie.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



