
‘n 49-jarige man is vanoggend (14 September) omstreeks 02:00 twee keer met ‘n mes by sy huis in Arendstraat gesteek.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die man wakker geword van ‘n geluid wat hy buite gehoor het. Hy het gaan ondersoek instel waarna hy twee mans in sy erf betrap het. Een van die mans het hom met ‘n mes aangeval.
Hy is in die maag en bobeen gesteek. Paramedici van ER24 het die man op die toneel behandel waarna hy na Mediclinic Potchefstroom geneem is vir verdere behandeling.
Die twee verdagtes het dadelik gevlug.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



