NewsNews

Wie ken dié oud-Springbokke?

Dr. Van Aard du Preez, swaer van prof. Johan Claassen, het ‘n foto op sy Facebookblad geplaas met die vraag “wie ken dié oud-Springbokke?” Prof. Claassen is oud-Springbokkaptein en vir jare president van die destydse Wes-Transvaal Rugby-unie.  Hy verjaar Sondag en word dan 89 jaar oud. ‘n Vriend en oud-skoolmaat van Du Preez, het die …

Dr. Van Aard du Preez, swaer van prof. Johan Claassen, het ‘n foto op sy Facebookblad geplaas met die vraag “wie ken dié oud-Springbokke?”

Prof. Claassen is oud-Springbokkaptein en vir jare president van die destydse Wes-Transvaal Rugby-unie.  Hy verjaar Sondag en word dan 89 jaar oud.

‘n Vriend en oud-skoolmaat van Du Preez, het die foto ook op sy Facebookblad gedeel en teen Vrydagoggend was dit reeds 600 keer gedeel en was daar meer as 200 kommentare op die foto.

Van Deventer skryf by die foto die volgende:  “‘n Foto wat my diep roer. Johan Claassen, oud-Springbokkaptein, is in ‘n versorgingsoord in Pretoria opgeneem. Van sy ou spanmaats het hom kom ondersteun. Links is Hennie van Zyl, oud-Springbokvleuel.  Regs, langs Claassen, is Avril Malan, ook ‘n oud-Bok-kaptein.  Dan die ikoniese Frik du Preez.  Johan Claassen was my onderwyser op Volkies: ‘n bloedjong Oom Clasie. By hom het ek pak gekry, tot in matriek. Vir Hennie van Zyl het ek pragdrieë sien druk in toetse, onder meer op Ellispark.  Avril Malan was ‘n rots. Vir Frik du Preez het ek op Loftus gesien “place, score en drop”. Ek het ook gesien hoe hy die Franse vleuel, Bourgarel, uit die aarde loop. Dankie matriekmaat Van Aardt du Preez vir ‘n kosbare foto – al vee ek ‘n traan uit die oog.”

Prof. Claassen het bykans sy hele lewe in Potchefstroom gewoon, behalwe vir ‘n kort periode op Yzerfontein, waarna hy en sy vrou, Ada, teruggekeer het na sy tuisdorp totdat hy na die versorgingseenheid in Pretoria is.

Wyle Hans van Zyl skryf in die boek “Mielieboersage” – “as rugbyspeler, -afrigter, -keurder en -administrateur kan niemand in Wes-Transvaal eers naastenby vergelyk word met sy huidige (1995) president, prof. Johan Claassen nie.”

Volgens Van Zyl het Claassen 57 wedstryde vir die Springbokke gespeel, waarvan 28 toetse toetse was en in nege was hy kaptein. Hy was later ook Springbokkeurder, -afrigter, spanbestuurder en -administrateur.

Dr. Du Preez is getroud met Ada se suster, Gerda.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button