NewsNewsBreaking News

Weldoener bekommerd oor Bult aanranding-slagoffer

Die Herald het navraag by verskeie nooddienste gedoen, maar kon teen ten tyde van publikasie nie uitvind hoe dit met die jong man gaan nie.

‘n Jong vrou en haar vriendin is erg bekommerd oor ‘n jong man wat vanoggend (3 Oktober) omstreeks 03:30 op die Bult erg aangerand is. 

Volgens Shanel Potgieter was sy saam met haar vriendin in ‘n eetplek op die Bult toe die jong man in die eetplek ingehardloop het. 

“Hy is deur omtrent sewe ander ouens, wat heeltwat groter as hy is, agtervolg,” vertel sy. 

Een van die mans het hom begin geslaan. Volgens Potgieter het hy na die hou sy kop so hard teen ‘n stoel gestamp dat die stoel gebreek het. 

“Daar was erg baie bloed gewees,” vertel sy. 

Die man het uit die eetplek gehardloop met die groep aanvallers agterna. Potgieter het die aanranding probeer keer, maar die groep het haar gevloek, geignoreer en die jong man verder aangerand. 

“Ek het die polisie gebel en gevra dat hulle ook ‘n ambulans stuur,” vertel Potgieter.

Met die polisie se aankoms was die aanvallers en die slagoffer reeds weg. 

“Ek en my vriendin het rondgery opsoek na die man maar kon hom nêrens kry nie. Ons was bang hy lê dalk langs die pad of iets,” vertel Potgieter. 

Die twee vroue was selfs, sonder sukses, na hospitale om navraag te doen oor die welstand van die jong man, maar kon hom nie kry nie. 

“Ek is baie bekommerd oor hom. Ek sal net graag wil weet of hy ‘okay’ is” Potgieter. 

Die Herald het navraag by verskeie nooddienste gedoen, maar kon teen ten tyde van publikasie nie uitvind hoe dit met die jong man gaan nie. 

Enige iemand met meer inligting oor die voorval of oor die jong man se welstand word versoek om die Herald te laat weet deur ‘n e-pos te stuur na dustin.wetdewich@media24.com of die kantoor te skakel by 018 293 0750. 

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button