
’n Man is Vrydagoggend (28 September) omstreeks 04:50 op pad werk toe in Nelson Mandelarylaan beroof.
Volgens Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het twee mans die slagoffer van agter af benader. Hulle het hom met ’n vuurwapen en mes gedreig. Hy is van sy besittings beroof waarna die twee mans gevlug het.
Volgens Manyoba is nog niemand in hegtenis geneem nie maar ‘n saak van roof word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



