NewsNews

Bejaarde paartjie neem mishandelde hondjie aan

’n Hondjie wat twee weke gelede byna doodgewurg het toe hy met ’n tou vasgebind is, is nou deel van ’n liefdevolle gesin wat vir hom baie vleis en melk gee.

’n Hondjie wat twee weke gelede byna doodgewurg het toe hy met ’n tou vasgebind is, is nou deel van ’n liefdevolle gesin wat vir hom baie vleis en melk gee.

Die Duitse herdershond-kruising is twee weke gelede deur PAWS in Promosa gevind waar hy vir maande lank aan ’n tou vasgemaak was. Die tou het so diep in die hond se nek ingesny dat hy byna doodgewurg het. Daar was ‘n diep snywond aan sy nek.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/53232/hond-van-kleins-af-met-tou-vasgemaak/

PAWS kon die hond betyds red en behandel en gereed maak om na ’n nuwe huis te gaan.
Oom Paul Marx (81) en sy vrou het die afgelope Saterdag van die hondjie in die Herald gelees en dadelik besluit dat hy deel van hulle gesin moet word.

“Toe ek die berig lees het ek besluit ek sal Maandag dadelik bel om die hondjie aan te neem,” sê oom Paul.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/53390/mishandelde-hondjie-reg-vir-aanneming/

Maandag het die Marx-egpaar vir Snippie deel van hul gesin gemaak. Hy speel nou lekker op hulle plaas sowat 30 km buite Potchefstroom en geniet gereeld lekker vleis en melk.

“Hy is pragtig en baie liefdevol. Hy eet lekker en geniet dit om met sy bal te speel,” sê oom Paul. “Ons is reeds baie lief vir die hondjie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button