SportSport

NWU se swemmers weer provinsie se beste

Die NWU Swemklub het tydens die jaarlikse Noordwes Kortbad (25m) swemkampioenskappe wat op 22 en 23 September by Lebone College buite Rustenburg plaasgevind het, as algehele wenners van 12 swemklubs uit die stryd getree. Rustenburg Otters was in die tweede plek en Potchefstroom Swemklub was derde. Die Pukspan se mans het deurgaans die septer geswaai …

Die NWU Swemklub het tydens die jaarlikse Noordwes Kortbad (25m) swemkampioenskappe wat op 22 en 23 September by Lebone College buite Rustenburg plaasgevind het, as algehele wenners van 12 swemklubs uit die stryd getree.
Rustenburg Otters was in die tweede plek en Potchefstroom Swemklub was derde.

Die Pukspan se mans het deurgaans die septer geswaai en die dames het ‘n uitstekende tweede plek behaal. Die Pukke spog na die kampioenskappe met 29 goue, 39 silwer en 37 brons medaljes.

Die Pukke se individuele medalje-wenners was: Nadia Blaauw (4 goud, 2 silwer), Samantha Blaauw (2 brons), Van Zyl Brand (1 goud, 2 silwer), Jack Cameron (1 brons), Dané de Klerk (4 goud, 1 silwer), Hofmeyer de Vos (1 brons), Sumé du Preez (1 brons), Alexia Duarte (1 brons), Retief Esterhuysen (3 brons), Jace Gomes (1 goud, 1 silwer), Tiago Gomes (2 brons), Francois Goosen (3 silwer, 2 brons), Malan Jacobsz (4 silwer), Licinda Kleynhans (1 goud, 2 silwer), Cornelle Leach (1 silwer), Hannah Ledingham (1 silwer), Clarissa Liebenberg (1 silwer, 1 brons), Cornell Loubser (1 goud, 1 silwer, 1 brons), Danelle Luyt (1 brons), Alyssa Norman (1 goud, 1 brons), Mickey Olivier (2 brons), Egbert Palmer (1 brons), Xandri Palmer (1 goud, 2 silwer, 2 brons), Amori Potgieter (2 silwer, 1 brons), Mia Putter (2 goud), Matt Roos (1 goud, 2 silwer), Dawid Rossouw (2 brons), Reynard Rossouw (2 silwer, 1 brons), Tiaan Rossouw (2 goud, 3 silwer), Dieter Roux (1 silwer, 2 brons), Janco Uys (3 goud, 1 silwer), Juandré Uys (2 silwer, 2 brons), Courtney van Biljon (3 goud, 2 silwer), Morné van der Bank (3 goud, 2 silwer), Franco van Niekerk (1 goud, 2 silwer, 1 brons) en Reino von Wielligh (1 silwer, 2 brons).

Wanneer die aflosse hierby bereken word, styg die klub se medalje-oes aansienlik, met 4 eerste en 5 tweede en 5 derde plekke.
Die NWU is dus tans die onbetwiste swemkampioene in die Noordwes nadat die klub ook in Desember 2017 as die wenners in die 50m swembad gekroon is.

WU-swemmers wat spesiale toekennings ontvang het tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie wat saam met die provinsiale swemkampioenskappe val.
NWU-swemmers wat spesiale toekennings ontvang het tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie wat saam met die provinsiale swemkampioenskappe val.
Die NWU se topswemmers is die provinsiale Kortbad swemkampioene. Foto’s: Verskaf
Die NWU se topswemmers is die provinsiale Kortbad swemkampioene. Foto’s: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button