‘n Besigheidseienaar is Saterdagaand (6 Oktober) tydens ‘n huisbrand in Peter Mokaba dood.
Pieter van Wyk (60), wat by die huis gewoon het, is op die toneel dood verklaar. Hy het ook Primrose Teetuin van dié perseel bedryf. Volgens Mpho Manyoba,polisiewoordvoerder, is hy na bewering aan rookinaseming oorlede.

Volgens haar word daar nie ‘n saak van brandstigting ondersoek nie.
“Dit blyk op die stadium of die brand deur ‘n elektriese kortsluiting veroorsaak kon word,” het Manyoba gesê.
Die Herald het met die bekendstelling van sy besigheid met dié koskenner gesels wat baie opgewonde was oor die nuwe besigheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



