
Twee vroue is verlede naweek in verskillende voorvalle buite Potchefstroom verkrag.
Op Saterdag 29 September is ’n vrou by Buffelsvlei naby Boskopdam verkrag. Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba, was die vrou op pad om huis toe nadat sy by ’n kroeg was. ’n Man het haar langs die pad gegryp, op die grond neergegooi en verkrag.
Sondag 30 September is ’n vrou op ’n plaas in die Scandinavia Drift-omgewing verkrag. Die vrou het saam met twee mans gekuier. Alkohol is gebruik waarna die mans haar na ’n kamer gesleep, haar gedwing het om haar klere uit trek en hulle haar toe verkrag het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



