NewsNews

Twee vas oor moord op Promosa-man

'n Man (27) en vrou (31) is Saterdag (6 Oktober) op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat die polisie die lyk van ‘n man met ‘n meswond gevind het.

‘n Man (27) en vrou (31) is Saterdag (6 Oktober) op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat die polisie die lyk van ‘n man met ‘n meswond gevind het. 

Volgens kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is die man wat in hegtenis geneem is ‘n opsigter by ‘n kerk. Hy en sy vriendin het glo die aand in die karavaan waar hy woon, gekuier. 

Later het die vriendin glo iets uit ‘n taxi gaan haal toe sy gesien het dat die ruit van die taxi oop is. Met nadere ondersoek het sy en haar vriend besef dat daar iemand in die taxi is. 

‘n Onderonsie het tussen die twee en die man in die taxi ontstaan. Die vrou het glo hulp gaan soek waarna die man wat in die taxi was weggehardloop het. Tydens die onderonsie is die man wat in die taxi was glo met ‘n mes gesteek. 

Die polisie het sy lyk ‘n kort entjie weg van die toneel in die veld aangetref. 

’n Saak van moord word ondersoek.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button