
Betogers het sedert vanoggend (8 Oktober) omstreeks 06:00 ‘n pad in Ventersdorp met brandende bande versper.
Volgens die polise se amptelike “Twitter profiel” is die pad tussen Ventersdorp en Tshing versper. Dit blyk dat betogers steeds betoog om die samesmelting van die destydse Tlokwe en Ventersdorp munisipaliteite ter syde te stel.
Die polisie is op die toneel om die situasie te hanteer.
#sapsNW Service Delivery #ProtestAction in Klerksdorp Cluster at #Ventersdorp. Community Members have barricaded the road since 6:00 this morning between Tshing and Ventersdorp with burning tyres and stones. #SAPS deployed in the area. ME
— SA Police Service (@SAPoliceService) October 8, 2018




