NewsNews

Man slaan vrou se vriend met ‘bobbejaanspanner’ oor kop

"Die man het glo by sy vriendin in haar bed gelê en slaap toe haar man by die huis gekom het," sê Manyoba.

‘n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek na ‘n man Vrydagoggend (5 Oktober) omstreeks 02:30 in sy vriendin se huis deur haar man aangerand is.

Volgens polisiewoordvoerder a.o. Mpho Manyoba het die man glo by sy vriendin in Wynnestraat, Bailliepark oorgeslaap omdat hy nie laat die aand wou terug ry Krugersdorp toe nie.

“Die man het glo by sy vriendin in haar bed gelê en slaap toe haar man by die huis gekom het,” sê Manyoba. Die vriendin se man het hom toe met ‘n ‘bobbejaanspanner’ agter sy kop geslaan. Volgens Manyoba het die vrou toe die ‘bobbejaanspanner’ uit haar man se hand gegryp en haar vriend kans gegee om die huis te verlaat.

Die vriend het ‘n ambulans gebel wat hom na MediClinic geneem het.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button