NewsNewsBreaking News

Ses rowers rand paartjie erg aan tydens huisroof in Bailliepark

ʼn Jong paartjie is vroeg vanoggend (20 Oktober) in hul huis in Inyongastraat, Bailliepark oorval en erg aangerand. Volgens Mooirivier Beskerming het ses gewapende rowers deur ʼn oop venster in die sitkamer geklim om in die huis te kom.

Albert John. Foto: Facebook
Albert John. Foto: Facebook

Raadslid van die gebied, Jeanne Adriaanse, sê dat Albert John en Nanna Viviers, wat vandag haar 25ste verjaarsdag vier, geslaap het toe die rowers hulle oorval het. Nanna se broer, Pierre Viviers, het op Facebook gesê dat die ses mans sy suster en Albert met moersleutels geslaan en vasgebind het.

Albert John en Nanna Viviers. Foto: Facebook
Albert John en Nanna Viviers. Foto: Facebook

Volgens Mooirivier Beskerming blyk dit ‘n selfoon en ʼn beursie is gesteel. Albert en Nanna is beide in die hospitaal en het ernstige kop- en gesigbeserings opgedoen.

Die huis was vol bloedspatsels. Foto: Facebook
Die huis was vol bloedspatsels. Foto: Facebook

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button