NewsNews

Wat is nou lekkerder as ‘n lieflike Kersete saam vriende?

Skop die Kersgety reg af saam met die Dienssentrum vir bejaarders.

Zoë Taljaard
Die Dienssentrum bied op 28 November ’n lieflike Kersete aan. Dit vind 18:30 by Nederduitsch Hervormde kerk, Wolmaransstraat, plaas.
’n Kersboodskap word deur ds. Willem Louw gelewer en die gaskunstenaars wat optree is Thorina Bosman & Franz Geldenhuys.
Die koste beloop R120 per persoon en sluit ’n voorgereg, hoofgereg, nagereg asook, koffie en tee in. Daar sal ook yskoue wyn en koeldrank te koop wees.
Al die geld wat ingesamel word, word deur die sentrum gebruik om dienste soos vervoer, daguitstappies en oefening-aktiwiteite te befonds. Baie van die bejaardes by hierdie sentrum het nie familie wat na hul omsien nie. Dit is dus belangrik dat die publiek hulle oor diégene moet ontferm.
Die doel van die dienssentrum is om basiese dienste aan bejaardes te lewer om hulle in staat te stel om so lank as moontlik in die gemeenkap te bly funksioneer.
So, as jy niks in die yskas het op 28 November nie, bring die hele familie en kom kuier lekker saam by hierdie gesellige Kersete.
Skakel die dienssentrum vir kaartjies by 018 293-0678

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button