
Hugo Storm, ’n plaaslike kunstenaar met ’n passie vir goeie musiek en mense, het besluit om dié twee te kombineer.
Hugo het onlangs besluit om sy hart oop te maak vir ons plaaslike karwagte om seker te maak hulle kan ook ’n lekker Kersfees geniet.
Storm het borge en sangers genader wat dieselfde uitkyk as hy het en daar het sy droom in ’n plan van aksie begin ontwikkel.
Storm en Evan sal op 24 November ’n aand van kuier, dans en lekker musiek aanbied ten bate van die karwagte van MooiRivier Mall.
Die aand sal ’n twee ure lange vertoning van Storm en Evan insluit. Daar sal gelukkige trekkings wees en wyn word opgeveil. Na die vertoning word die dansbaan geopen vir ’n lekker aand.
Dit begin 19:00 en vind by die Elgro Hotel plaas.
Kaartjies kos R100 per persoon, kinders ouderdom 12-18 is R50 en onder 12 is gratis.
Daar is ’n kontantkroeg beskikbaar. Vir meer inligting skakel Storm by 076 615 5719.



