NewsNews

Schoemanati blink nou internasionaal

Boet sê dit is ‘n groot wen, nie net omdat hy ‘n internasionale prys gewen het nie, maar teen produkte moes meeding wat geursels en verkleurmiddels mag en kan gebruik, waar sy produkte dit nie bevat nie. Dit word steeds op die ou tradisionele manier gemaak en gebêre.

Martie en Boet Schoeman met hul internasionale wenners.

Stook, van toeka se dae tot nou.
Die vermenteringsproses is vandag nog dieselfde, maar die Schoeman-familie het hierdie waardevolle stokperdjie van geslag tot geslag oorgedra en met tyd het dit in waarde toegeneem om dit in iets groot en bekend te verander.
Vandag word die waarde daarvan internasionaal erken. Na verskeie kompetisies waar die Schoemans op nasionale vlak skoonskip gemaak het, het Boet en Martie Schoeman besluit om hul produk, Schoemanati, teen internasionale mededingers te toets.
Schoemanati het toe vir die Michelangelo International Wine & Spirits Awards ingeskryf.
Met hul inskrywing het ‘n vrou op die beoordelingspaneel vir hom gesê dat net ‘n derde van die inskrywings gewoonlik ‘n medalje wen.
Boet het toe besluit om in elk geval deur te druk en in te skryf. Hulle het vier bottels ingeskryf wat teen 2 500 internasionale inskrywings meegeding het. Van hulle was groot SA name soos KWV en SA Brouerye.
Boet was oorweldig toe hy hoor dat uit die 2 500 inskrywings, sy perske mampoer ‘n goue en die Hanepoot witblits ‘n silwermedalje gewen het.
Boet sê dit is ‘n groot wen, nie net omdat hy ‘n internasionale prys gewen het nie, maar teen produkte moes meeding wat geursels en verkleurmiddels mag en kan gebruik, waar sy produkte dit nie bevat nie. Dit word steeds op die ou tradisionele manier gemaak en gebêre.

Die 50ml botteltjie wat Schoemanati in likeur of mampoer vir korporatiewe geskenke maak.

Boet en Martie spog buiten dié oorwinning ook met hul nuwe korporatiewe afdeling waar hul veral dié tyd van die jaar besighede se geskenke-kopseer makliker maak.
“Vir Schoemanati bestaan daar nie iets soos ‘n klein besigheid of bestellings nie. Elke geskenk word deur Boet self gebottel en verpak. Iets persoonliks kan bygevoeg word, soos ‘n nommer of naam op die bottel.

Schoemanati maak ook 357ml bottel in mampoer of likeur vir korporatiewe geskenke, die boks en logo wat tot jou eie spesifikasies gemaak.

Bottels word ook in oulike houtboksies verpak wat elk tot jou styl gemaak word. Daar is ‘n keuse van ‘n 50ml of ‘n 375ml bottel vir die meer waaghalsige wat elkeen tot ’n spesifieke voorkeur afgerond word. Van die soort mampoer of likeur tot die besigheidslogo en/of enige ander opsie wat die bottel Schoemanati mampoer uniek maak.
So waarvoor wag, die kopseer oor watter korporatiewe geskenk om te gee is opgelos. Vir diegene wat ‘n bottel vir hulself wil hê, kan Tops Bailliepark Spar, wat die volledige Schoemanati-reeks aanhou, besoek word.
Vir verdere navrae kan jy Schoemanati se webwerf by www.schoemanati.co.za besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button