NewsNews

Potch vat Bult terug

'n Veiliger Bult is eersdaags 'n realiteit

“Dit is goeie nuus! Misdadigers moet weghardloop.”
So het prof. Fika Janse van Rensburg oor die nuwe Cachet Park Stadsverbeteringsdistrik (SVD) Dinsdag gesê.
Dié inisiatief wat in Mei vanjaar aangekondig is, beplan om uiteindelik vir al die veiligheid en sekuriteit, skoonmaakdienste, instandhouding en verfraaiing van die Bult-area verantwoordelik te wees.
Tydens ’n vergadering vir alle belangegroepe wat Dinsdag by die NWU se Potchefstroomkampus gehou is, is ’n tydlyn vir die inisiatief gegee. Volgens dié tydlyn behoort daar vroeg in Februarie al met skoonmaak, addisionele vullisverwydering en herwinning begin te word. Twintig kringtelevisiekameras wat gemonitor gaan word, sal teen einde Februarie geïnstalleer word. In April sal die instandhouding van paaie in die Bult-area ook begin.
Eienaars van grond, eiendom of besighede in die area is almal uitgenooi om deel van die SVD te word. Omdat die SVD ’n maatskappy sonder winsoogmerk is, sal die bydrae van lede die enigste bron van inkomste wees.
Die NWU sal as ankerlid dien, wat die aanvanklike kapitale uitgawes asook die bedryfskoste vir die eerste drie jaar sal dek. Die totale finansiële insette wat die universiteit gee, word op ongeveer R2.8 miljoen beraam.
Volgens Elmarie de Beer is die ekonomie van skaal van toepassing op die plan.
“Hoe meer lede betrokke raak, hoe goedkoper word dit per lid,” het sy verduidelik.
Aanvanklik word die koste per lid as ’n persentasie van die totale waarde van alle eiendomme in die area uitgewerk. As een lid se eiendomswaarde volgens die munisipaliteit se waardasie R750 000 is, en die totale waarde van alle eiendomme in die area is R2 124 282 500, dan is die lid se eiendom slegs 0.0353% van die totale waarde. Dit beteken dan dat so ‘n lid slegs daardie persentasie van die totale begrote uitgawes sal bydra.
Volgens Janse van Rensburg is hierdie slegs die eerste fase wat uitgebrei sal word soos die direkteurs van die SVD besluit.
“Hierdie inisiatiewe is ook beplan vir ons Vaal en Mafikeng kampusse. Ons kan dus hierdie as ’n loodsprojek sien,” het hy gesê.
Soortgelyke inisiatiewe is reeds in die Heilige Akker en Oewersig van stapel gestuur en kan ook in ander dele van die JB Marks munisipaliteit herhaal word.
Totdat munisipale bywette deur dié munisipaliteit bewerkstellig word, sal ‘n lidmaatskapbydrae vrywillig wees.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/55748/belangegroepe-na-vergadering-oor-bult-genooi/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/48366/ernstige-ingryping-op-bult-kom/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button