NewsNews

Slagpale-moord: Beskuldigde kan sy borg verloor

“Meneer jy is besig om die verhoor te vertraag en is in gevaar dat jou borg ingetrek kan word,”

“Meneer jy is besig om die verhoor te vertraag en is in gevaar dat jou borg ingetrek kan word,”

Dit is hoe die regter in die verhoor van vier mense wat van die moord en roof van Koos van der Leeuw beskuldig word aan een van die beskuldigdes gesê.

Samuel Motsi het Dinsdag (11 Desember) tydens kruisondervraging aangedui dat hy nie verder sal kan getuig nie. Volgens sy regsverteenwoordiger is hy met depressie gediagnoseer. Die medikasie wat hy neem maak dat hy sleg voel en nie kan konsentreer op sy getuienis nie.

Die regter het hom gewaarsku dat dit die hoeveelste keer is dat die verhoor oor siektes uitgestel word en dat hy moet sorg dat hy Woensdagoggend (12 Desember) reg is om voort te gaan.

Tefu Mohua,  ook ʼn beskuldigde in die saak, het reeds Maandag tydens die verhoor aangedui dat hy sleg voel en nie sal kan voortgaan met die verhoor nie. Die regter het dit nie toegelaat nie waarna die verhoor Maandag in die hooggeregshof voortgegaan het. Beide Mohua en Motsi  is op borgtog vrygelaat. Die ander beskuldigdes Bibi Nycamphalala en Aida Lebaka is steeds in aanhouding.

Die ondersoekbeampte, ao Bonita Dry het Maandag oor die beskuldigdes se selfoonrekords getuig.

Bewyse is aan die hof gelewer dat Motsi en Lebaka in Julie reeds met mekaar kontak gemaak het. Die kontak tussen die twee beskuldigdes het nader aan die datum van die moord en roof al hoe meer geword waarna dit drasties afgeneem het. In die week voor die moord en roof wat op 18 Augustus 2015 plaasgevind het, het Motsi en Lebaka 39 keer met mekaar kontak gemaak. Die week na die misdaad het hulle slegs vier keer met mekaar kontak gehad.

Die rekords het ook gewys dat Motsi en Nycamphalala in die week voor die moord 77 keer met mekaar in kontak was. Die rekords het gewys dat Motsi, Lebaka en Nycamphalala almal verskeie keer die week voor die misdaad in Potchefstroom was. Slegs Motsi  is in Potchefstroom woonagtig. Mohua se rekords wys dat sy selfoon tydens dié tye afgeskakel was.

Voordat Motsi nie verder kon getuig nie het hy verduidelik dat hy met Lebaka, wat hy leer ken het toe sy vroeër in Potchefstroom gebly het, weer begin praat het nadat sy hom na ʼn ooievaarstee genooi het. Lebaka het geboorte geskenk terwyl sy in aanhouding was. Haar kind is intussen na ʼn familielid geneem. Die vermeende ooievaarstee het nooit plaasgevind nie.

Lebaka se regsverteenwoordiger, Johann Gaum, het Motsi se weergawe betwis. Volgens hom het sy kliënt van die begin af haar samewerking aan die polisie gegee. Gaum het aan Motsi gesê dat Lebaka sal getuig dat hulle in kontak was om die rooftog te beplan.

Die verhoor sal Woensdag (12 Desember) voortgaan.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/2867/moord-my-pa-was-n-held/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/3478/twee-beskuldigdes-bygevoeg-in-moord-saak/

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/4313/beskuldigde-moordenaars-kry-borg/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/17188/verhoor-van-van-der-leeuw-moordenaars-begin-eersdaags/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/22098/borgtog-geweier-in-van-der-leeuw-moordsaak/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/26253/slagpale-moordsaak-weer-uitgestel/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/38988/slagpalemoord-verhoor-begin/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/41974/finale-uitstel-slagpale-moordsaak/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/45604/slagpalemoord-verhoor-begin-weduwee-getuig/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/45904/slagpalemoord-beskuldigde-erken-sy-help-rooftog-beplan/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/46070/slagpale-moord-hof-hoor-hoe-roof-beplan/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/46073/beskuldigde-beweer-aanranding-vou-met-kruisondervraging/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/55886/drie-jaar-na-slagpale-moord-duur-verhoor-voort/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button