NewsNews

Desember 30 jaar gelede in die Herald

In die uitgawe van 2 Desember 1988 berig die Herald oor ‘n dertienjarige seuntjie wat ‘n nieroorplantings-operasie ondergaan het.

In die uitgawe van 2 Desember 1988 berig die Herald oor ‘n dertienjarige seuntjie wat ‘n nieroorplantings-operasie ondergaan het.

Sy naam is Francois van der Merwe en hy was ‘n leerling aan Laerskool ML Fick.  Hy moet dus nou 43 jaar oud wees. Indien iemand waar hy hom bevind kan hul gerus die Herald laat weet.

Daar word ook berig oor ‘n eerste vir Potchefstroom.  Die eerste proefbuisbaba wat in die stad gebore is was klein Mike-Lynn Smith. Sy was die baba van me. Helene en Leon Smith. Sy is op 26 Oktober 1988 in die destydse Kalie de Haas-hospitaal gebore. Indien iemand weet waar sy haar bevind kan hul gerus ook die Herald laat weet.

Hoewel die feesvieringe toe reeds verby was het Potchefstroom in 1988 die stad se 150-jarige bestaan herdenk.  Die Herald het in dié jaar ‘n spesiale uitgawe oor onder meer die geskiedenis van die stad, wat sy ontstaan in 1838 gehad het, gepubliseer.  Dit maak natuurlik die stad vanjaar ‘n hele 180 jaar oud! Die leuse was:  Van Eerste Dorp tot Toekomsstad.  Oor die “eerste dorp” (in die Transvaal) het ons bure, Klerksdorp, bietjie gemor omdat hulle meen hulle ouer is as Potchefstroom. Historici se mening was dat dit gaan oor die omskrywing van wanneer is ‘n dorp formeel ‘n dorp. Klerksdorp meen dat by hulle reeds vroeër ‘n nedersetting, maar so was reeds middel 1836 ‘n nedersetting in Potchefstroom.  Of daar ooit ‘n einde sal kom oor dié dispuut is te betwyfel.  Daar was die hele jaar feesgevier waaraan die meeste instansies deelgeneem het en dit was ‘n baie bedrywige jaar.

Die Herald berig ook oor ‘n stukkie geskiedenis van die Blyvooruitzig goudmyn by Carletonville wat op papier sy ontstaan op 11 Januarie 1937 gehad het, maar dat die eerste lading dinamiet om die skag te begin sink eers op 14 November daardie jaar plaasgevind het.  Die voorbereiding het dus byna ‘n jaar geduur. Die nommer 1 stasie was 1 200 m ondergronds wat eers teen die einde van 1940 bereik is. Van toe af kon die eerste sywaartse tonnels agter die erts aan eers getonnel word.

‘n Berig wat in die destydse Dinsdaguitgawe verskyn oor ‘n vrou wat haar byna morsdood geskrik het toe ‘n koeël wat deur die dak van haar huis getrek in ‘n wasbak vol skottelgoed beland en alles flenters geskiet het.  Sy het oomblikke voor dit die skottelgoed in die wasbak gepak. Die polisie het die voorval ondersoek, maar die oorsprong van waar die koeël gevuur is kon nie bepaal word nie.

In die uitgawe van 9 Desember 1988 berig die Herald op die voorblad van die 64-jarige me. Martie Dubery wat bykans elke dag gaan stap en later ‘n bekende gesig in Potchefstroom was met haar stapklere, sambreel en sonskerm oor die oë getrek. Toe die Herald begin somme maak is vasgestel dat sy in ses jaar byna 11 000 km gestap het. Sy was verbonde aan die destydse Potchefstroomse Onderwyskollege.  Sy was baie gesteld op haar gesondheid en fiksheid en was vir agtien jaar net een keer met siekteverlof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button