NewsNews

Sankie vind verlossing

Die verkondiging van die Evangelie was haar roeping. Sy was verantwoordelik vir die organisasie van uitreike en was menigmaal op uitreike waar sy die Woord gaan bedien het, ten spyte van haar gesondheid.

Sankie Brits
Geboorte: 24.2.1980
Sterfte: 7.12.2018

Ds. Sankie Brits

Ds. Sankie Brits is op 7 Desember oorlede. Haar familie is dankbaar dat Sankie verlos is van die lyding wat sy gehad het. Sankie was in die bediening by NG Mooirivier en daarna by PUK Kandelaar as Studenteleraar.
Die spore wat Sankie in mense se lewens getrap het was diep en sy sal onthou word vir die verskil wat sy in soveel jongmense se lewens gemaak het. Jeugbediening was haar passie en kinders het haar baie na aan die hart gelê.
Die verkondiging van die Evangelie was haar roeping. Sy was verantwoordelik vir die organisasie van uitreike en was menigmaal op uitreike waar sy die Woord gaan bedien het, ten spyte van haar gesondheid. Die familie wil graag almal bedank wat hul bygestaan en ondersteun het in die afgelope tyd. Daar was soveel boodskappe, oproepe en besoeke. Hulle nooi almal na Sankie se begrafnis DV op 14 Desember, waar die teraardebestelling om 10:30 op die plaas Klipdrift sal wees en daarna die lofprysingsdiens om 12:00 by die NG Oos-gemeente in Potchefstroom (langs Hoërskool Ferdinand Postma).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button