‘n Boom het in Kruisstraat omgeval. Inwoners wat in die rigting van die hospitaal ry is gewaarsku om versigtig te wees.
Dit met die hewige reënbui wat omstreeks 15:00 op Potchefstroom neer gesak het.
Die reën is vir inwoners baie welkom veral omdat 2018 een van die droogste jare is wat die stad in ‘n lang tyd ervaar het.
Nog ‘n boom het in Kanaalweg op die Vyfhoekplotte ook omgeval. ‘n Gedeelte van die boom het in ‘n inwoner se erf beland. Daar is ook na bewering ‘n boom wat op die NWU se Potchefstroom kampus omgeval het. Ten tyde van publikasie kon dit nie bevestig word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



