
Twee mans is Maandag 7 Desember omstreeks 07:15 in Mareestraat gearresteer omdat hulle na bewering twee biere en ’n tweeplaat-stoof gesteel het.
Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba het die polisie ’n klag van ‘n sekuriteitsmaatskappy ontvang dat die mans in Mareestraat in die besit is van moontlik gesteelde goedere.
Met die polisie se aankoms het hulle die mans gekry met twee Castle Lager botteltjies sowel as ’n tweeplaat-stoof.
Beide die mans is gearresteer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




