Potch Dorp Rolbalklub wys weer hulle spiere
Met die onlangse aankondiging van die Noordwes Rolbalspanne, het Potch Dorp weer eens bewys dat hul ‘n klub is waarmee rekening gehou moet word. Tien van hul spelers is verkies tot die onderskeie Noordwes-spanne wat gedurende Maart 2019 aan die SA Inter-distrikte Kampioenskappe sal deelneem. Sedert die begin van die nuwe rolbalseisoen het twee van …
Met die onlangse aankondiging van die Noordwes Rolbalspanne, het Potch Dorp weer eens bewys dat hul ‘n klub is waarmee rekening gehou moet word. Tien van hul spelers is verkies tot die onderskeie Noordwes-spanne wat gedurende Maart 2019 aan die SA Inter-distrikte Kampioenskappe sal deelneem.
Sedert die begin van die nuwe rolbalseisoen het twee van die Noordwestitels reeds hul tuiste by die klub gevind. Gene Hill en Jean du Plessis het die Noordwes Senior Mans Pare-titel verower, terwyl die Mans Premier Liga-span bestaande uit Pierre Breitenbach, Gene Hill,
Gerrit Janse vam Rensburg en Carl Smit vir die derde agtereenvolgende jaar die Noordwes Premier-liga gewen het.
Die klub bestaan reeds sedert 1914 en verwelkom graag voornemende rolbalspelers wat die sport hul erns wil maak. Hier sal u gou onder aangename omstandighede touwys gemaak word in alle aspekte van die spel deur bekwame afrigters. Rolbal is lankal nie meer ‘n sport vir slegs ouer persone nie en word landwyd gespeel deur persone so jonk as 10 jaar.
Potchefstroom Rolbalklub (langs Olënpark Rugbystadion) is ook bevoorreg om een van die huidige Proteaspelers (Pierre Breitenbach) as klublid te hê. Pierre is enige tyd bereid om sy kennis met voornemende en ander spelers te deel. Spanbouaksies word ook aangebied en die klubgebou word uitverhuur vir kleiner sosiale geleenthede.
Vir nadere besonderhede kontak Ronnie Palmer by 083 640 6458 of Pierre Breitenbach by 082 355 8385.




