
’n Man is beroof terwyl hy Saterdag 12 Januarie omstreeks 18:50 besig was om in Kockstraat te werk.
Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba was die man besig toe ’n blou Toyota motor verby hom ry. Die motor het toe glo gestop en agteruit gery tot langs die man.
Een van die insittendes het die man vir aanwysings na die hospitaal gevra. Die bestuurder van die motor het die man toe gegroet deur sy hand te skud en skouer te stamp as ’n teken van vriendelikheid.
In die groetproses het die man egter sy selfoon gegryp.
Die mans het probeer vlug, maar is kort daarna deur die polisie gearresteer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




