
’n Vrou is Vrydagmiddag 11 Januarie omstreeks 14:15 in hegtenis geneem nadat sy in ’n huis is Nieuwestraat ingebreek het.
Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba het die eienaar van die huis ’n middagslapie geneem toe sy iemand in die huis hoor.
Toe sy by die gang afloop sien sy ’n vrou uit die sitkamer kom en in die kinders se kamer in verdwyn.
Die eienaar het haar agternagesit net om te sien dat die vrou deur die kamervenster gespring het. Die vrou het glo deur ’n venster toegang tot die huis verkry en ’n Xbox gevat.
Die eienaar het om hulp geskree en die polisie het die inbreker op aanklag van huisbraak en diefstal in hegtenis geneem.
Die volgende oggend het verdagtes ’n skootrekenaar deur ’n venster in Peter Mokabastraat gesteel.
Volgens Manyoba was alles nog in orde toe die inwoner van die huis gaan slaap het. Omstreeks 04:00 op 12 Januarie, het die inwoner honde hoor blaf en by die venster uitgekyk waar hy twee mans oor die muur sien spring het met ’n skootrekenaar.
Dit blyk dat die mans ’n stok gebruik het om die skootrekenaar nader aan die venster te trek en deur die diefwering te steel.
Die polisie maan inwoners om nie waardevolle besittings naby aan vensters te hou nie, aangesien diewe verskeie maniere het om die besittings deur die diefwering te steel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




