NewsNews

Hier is die leerders wat hul lewens in brugtragedie verloor het

Die drie leerders van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark wat gister tragies dood is na 'n betonblok van 'n loopbrug by die skool op hulle geval het, is die matriekleerder Roydon Olckers (17) en twee graad agt leerders Jandré Steyn (13) en Marli Currie (13).

Die drie leerders van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark wat gister tragies dood is na ‘n betonblok van ‘n loopbrug by die skool op hulle geval het, is die matriekleerder Roydon Olckers (17) en twee graad agt leerders Jandré Steyn (13) en Marli Currie (13).

Sowat 23 ander leerders is tydens die voorval ernstig beseer en hospitaal toe geneem. Van die leerders is nog in ‘n intensiewe sorgeenheid.

Die tragedie het gisteroggend (1 Februarie) kort na saalopening by die skool plaasgevind. Leerders was besig om vanaf die skoolsaal na hul klasse te loop. Daar was verskeie leerders op die stoep toe die groot betonblok van die loopbrug bo hulle deur die struktuur op hulle geval het.

Die deel van die brug wat op die kinders geval het.
Die deel van die brug wat op die kinders geval het. Foto: Netcare 911

Mense het landwyd hul meegevoel vir die kinders en families van die oorledenes op sosiale media uitgespreek. Ouers, onderwysers en leerders het gister op die skoolgrond in kringe gestaan en bid. Gistermiddag het talle mense blomme na die skool geneem en honderde kerse is buite die skool aangesteek ter herinnering van die leerders wat hul lewens in die tragedie verloor het.

Ouers, leerders en personeel van die skool ontvang nou berading. Die skool is intussen tot verdere kennisgewing gesluit.

Hoewel ondersoek aan die gang is, is die vermoede dat roes van die struktuur waarop die betonblok was, die oorsaak van die tragedie is.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/57449/jongste-nuus-oor-hoerskool-driehoek-sterftes-een-kind-se-naam-bekend/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button